Monday, 1 December 2014

Die kerk en die slapende rob

Sondagmiddag gaan word ek rustig langs die see. Die idee was eintlik om die beloofde kiekie van die sonsondergang te gaan neem, maar dié verdwyn toe letterlik soos mis voor die son.

Só gaan stap ek maar ewe rustig langs die see. Ek raak weg in my gedagtes. Verlore. Mesmerized - terloops, dit was die woord wat vir hipnose gebruik is in die 18de eeu.

Dit is nou nie regtig 'n stapstrand soos ons dit ken in die Strand of in Melkbosstrand of in Paternoster nie. Maar dis totaal ongerep en baie stil. Dié Sondagmiddag is daar seker so 10 ander mense wat daar ronddrentel. Ek is dus alleen. Soos ek dit op daai oomblik verkies.

Terwyl ek so ge-mesmerized, diep in my eie denke en gebede drentel, word ek die volgende oomblik diep uit my transstaat deur 'n aanstoremende geblaas  geruk. In 'n breukdeel van 'n sekonde flits moontlikke gevare deur my kop, maar word nóg vinniger geïlimineer:

  • Stoomtrein? - Nee kan  nie wees nie, dié is nou net museumstukke
  • 4x4 op die Strand? - Nee as my 4x4 so moet klink begrawe ek dit net daar
  • Kinders wat gekskeer? - Ek weet nie...
Ek kry dit uiteindelik reg om my lyf met my lam bene gedraai te kry, en ek sien die rob op volspoed al blasende af"hardloop" water toe. My jellybene kry skielik lood in die potlood en ek hardloop skuins in teenoorgestelde rigting teen die duin op.

Toe ek oor die grootste lam van die skrik is en die adrenalien gedreineerde, ontstresde bene weer meer vas voel, besef ek die uniekheid van die oomblik. Wat 'n voorreg om 'n rob op die strand van so naby te aanskou afgaan water toe om met 'n sierlike duikslag in die water te gaan en weg te swem!

Opgewonde stap ek verder, maar meer oplettend die slag. Ek wil nie in die aanstoremende "dinosauris-afstammeling" se pad see toe kom nie.
Dan word ek egter 'n entjie verder deur 'n nóg groter wonder begroet. 'n Klein baba rob wat op die strand lê en slaap. Nou ja, meestal is 'n baba net mooi vir die se ma, maar waar is die ma? wonder ek. Geen beskeremende ma storm egter op my af nie en ek bewonder die gedroggie vir 'n paar minute van naby.



So wat het 'n slapende rob met die kerk in vergelyking?
Nie veel waaraan ek kan dink nie. As ek die saak so kyk word hier goeie werk gedoen. Maar wat myself betref, ek hoop net my preek oor 'n lewe van oorvloed Sondagoggend was meer soos die van 'n blasende, aanstoremende rob wat 'n bietjie lewe gebring het en niè soos 'n slapende sussende rob nie. En ek praat nie van fire en brimstone nie, maar iewers is daar mos 'n gelykenis of twee wat ons waarsku om nie aan die slaap gevang te word nie...


No comments:

Post a Comment