Friday, 12 December 2014

Skaam Gemsbok?

Gister het ek geskryf oor die humor in die 'Mund" oor die bordjie wat Gemsbokke in die Spar verbied. Vandag kry ek toe goeie 'intel' dat die moontlikheid tog wel bestaan. Klaarblyklik is die Gemsbokke in Oranjemund hoogs gekultiveerd, ontwikkeld of het dalk net aangeleerde gedrag, maar hulle weet wanneer daar "groen, sappige en aanloklikke gras" in die Spar is.

Volgens Annetté Schoeman wat al 30 jaar in die dorp woon, bestaan die moontlikheid tog wel dat die Gemsbokke vir 'n wandeling deur die Spar kan gaan. Of hulle wel regs kyk en die bordjie gehoorsaam, smaak my egter nie so nie. Ek haal haar aan: "Jy was seker op n Donderdag in die Spar, want dan kom die groente en vrugte lorrie van die Kaap af in...........en ek dink die Gemsbokke weet dit, en sal dan, net dan n kans probeer vat om daar by ou Eva (die dame wat die groente en vrugte weeg) 'n ou ietsie gaan probeer hollang! "

Nou daar het jy dit. Hierdie oase in die woestyn het beslis baie meer as net oulik, vriendelike mense, hier is ook slim Bokke! Ek weet nie of die bestuur die Gemsbokke vir leeslesse gaan stuur nie, maar beslis is hulle optimisties dat 'n Gemsbok nié die winkel gaan betree as hy die bordjie raaksien nie!

Maar ek is veral dankbaar vir die foto wat Annetté gestuur het. Ek wou die foto gister plaas saam met die storie oor die Gemsbok aan 'n leiband, maar ek kon dit om die dood nie opspoor nie. Nou hier is dit:


Ek weet nie of dié dame begin skaam voel het, of dalk só gekultiveerd geraak het dat sy besluit het dis tyd om behoorlik te klee nie, maar hier het jy dit nou! Sy het besluit sy gaan 'shop' maar onderdeur die wasgoeddraad.
En kyk hoe onskuldig lyk daai gesiggie. Geen sorge in die wêreld nie.

Het Jesus ons nie kom leer dat ons nie moet bekommer oor wat ons aantrek nie, want as God vir die Gemsbokke en die voëls sorg, sal Hy ons nie soveel te meer versorre nie?

Hoe dit ook al sy, die Gemsbokke is nie net deel van die karakter in die "Mund" nie, maar sorg vir genoegsame humor, rustigheid en helaas 'n besef hoe ongelooflik die skepping is!

1 comment:

  1. Hie hie hie.....ek het mos gesê, hier in die Mund is ons en lewe ons eenvoudig (nie commin nie) net vreedsaam en vredevol, maar onse Gemsbokke het hulle stories!
    Die Vader het nogal snaakse manier om vir ons lesse te leer, en ek is een van daai lesse geleer juis deur ons Gemsbokke!
    My buurvrou oorkant die straat het so bietjie meer as n jaar gelede Kanas voor haar huis geplant, en een aand staan en kyk ek hoe hulle al haar Kanas staan en opvreet, ek dog toe..........nou waarom sal sy die Kanas dan nou buite plant en nie binne in die erf nie, sy behoort mos nou te weet dat dit opgevreet gaan word!!
    'n Jaar later, gee n dierbare vriendin vir my n sak vol Kanas, ek het toe nie meer plek binne in die erf nie, ek en my domestic Loide, besluit, buite, alkante van die paadjie sal die Kanas pragtig lyk as dit blom. So gemaak. My Kanas het pragtige lowergroen blare begin uitstoot en die eerste enetjie se bloedrooi blommetjie was amper oop...............toe ek die volgende oggend buite kom is AL my Kanas tot op die grond toe opgevreet!!!!
    Ek staan daar, en dink, ja Annetté, laasjaar het jy gedink hoe kan iemand so stupid wees...............en toe was ek self so stupid!
    UPDATE: My Kanas staan alweer mooi lowergroen, nog nie blomme nie, maar ek weeeet die Gemsbokke wei nou aan die anderkant van die dorp met die kleintjies, dus is my Kanas safe vir Desember........ek hoop.!
    O.....en behalwe die swart bra...........is daar een wat met n vissie-plakkie rondloop........sal die foto stuur.
    En onthou dat ek nog die storie vertel van "Shredder", die Gemsbok wat stringe papier geëet het........ons het gehoop hy poef "fire-bricks"!

    ReplyDelete