Saturday, 27 December 2014
Refleksie na my vierde week in Oranjemund
Ek kan nie glo 'n maand is reeds verby nie. Ek is reeds vier weke in Oranjamund. Dit voel soos gister wat ek hier aangekom het. My eerste blog geskryf het.
Ek veronderstel so vinnig as wat die tyd gevlieg het om alles gedoen te kry om hiernatoe te kom, so vinnig sal dit seker verbygaan terwyl ek hier is. En dit het. Daar is nie meer veel tyd oor nie. Ja voor ons almal ons oë uitvee, is dit die einde van die eerste maand van 2015. So kom en gaan die tyd.
Tog was dit 'n wonderlike tyd sover. 'n Bederftyd aan die een kant, maar 'n tyd waar ek wonderlike nuwe mense leer ken het, nuwe dinge geleer het en spesifiek 'n ongelooflike luistertyd met die Heilige Gees beleef het. Dié tyd is nog nie verby nie. Daar is nog 'n paar dinge wat moet gebeur, wat ek moet hoor en waaroor ek nog stil is en op die Here wag.
Die afgelope week was die afsluiting van die meeste van die sake waardeur ek die laaste tyd gewerk het. Baie ou gebeure, vals en verkeerde oortuigings, woorde, seer en dies meer het ek agter my gesit, begrawe en nou los ek dit daar. Afgehandel. Maar ook het nuwe sekerhede, oortuigings en toekomsverwagtinge al meer gevestig begin raak.
Die tyd is hier en dít is om terug te gaan na waar ek geroep is om te wees en myself te gee in God se werk. Hoe, waar en wat die pad tot daar is, weet ek nog nie. Maar ek is seker dit sal of nou of in die nabye toekoms vir my duidelik gemaak word.
So het Kersfees ook die week gekom en gegaan. En ek het 'n wonderlike stil tyd beleef saam met nuutgevonde vriende. Nou snel ons na die einde van die jaar terwyl ons met dankbaarheid terugkyk na die afgelope jaar wat verby is. Al was dit rof en moeilik, kan ons nie anders as om met 'n gesindheid van dankbaarheid te leef en net te besef hoe ongelooflik God se liefde was nie.
Ek het weer goeie gewoontes die afgelope vier weke gevestig. Sommige wat ek wou nie heeltemal soos ek beplan het nie, maar ek het meer gekry as wat ek voor gehoop en gevra het. Dit is nou vier weke wat ek weer byna elke dag gehardloop het. En dit is lekker om te voel ek word weer fikser. Dis heerlik om mense se liggaam te onderwerp aan die dissipline, maar ook te doen wat noodsaaklik is om gesond te wees.
Ek het net weer besef, begin net die regte ding, gewoonte, affirmation, denke, verhoudings en voor jy besef is jy op die wenpad, besig om 'n blink toekoms te skep.
Balans is van die uitserste belang in ons lewens. Ek het begin om weer balans te begin vind die afgelope maand. Ek sien uit na die aftelling na die einde van die jaar. Ek glo 'n blink 2015 wag op ons almal, vol seën en voorspoed.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment